1 Kings 15:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ook sy moeder Maäga, haar het hy ook verwyder om koningin te wees, omdat sy 'n afgod in 'n bos gemaak het; en Asa het haar afgod vernietig en dit by die spruit Kidron verbrand.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het selfs sy ma Maäka onthef van haar posisie as koninginmoeder omdat sy ’n afskuwelike beeld ter ere van Asjera laat maak het. Hy het dit stukkend gekap en in die Kidrondal verbrand.
Afrikaans 1933/1953 Ja, selfs sy moeder M äga het hy as gebiedster afgesit, omdat sy 'n afgryslike voorwerp vir Asj,ra gemaak het; en Asa het die afgryslike voorwerp omgekap en in die dal Kidron verbrand.
Afrikaans 1983 Hy het ook sy ouma Maäka as koninginmoeder afgesit omdat sy 'n Asjerabeeld, 'n walglike ding, laat maak het. Asa het die ding stukkend gekap en dit in die Kedrondal gaan verbrand.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Selfs vir Maäga, sy grootmoeder, vir haar het hy as koninginmoeder verwyder omdat sy 'n gruwelike beeld vir Asjera gemaak het. Asa het dié gruwelike beeld afgekap en dit in die Kidrondal verbrand.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het ook gesê sy ouma Maäka sal nie meer belangrik wees omdat sy 'n koning se ma is nie, want sy het 'n beeld laat maak van die godin Asjera. Asa het die beeld laat afkap en hy het dit laat verbrand in die Kedron-vallei.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het selfs sy ouma Maäka as koningin-moeder ontslaan omdat sy ’n groot en afskuwelike beeld van Asjera, die godin van vrugbaarheid, gemaak het. Asa het die ding afgebreek en in die Kidrondal verbrand.