1 Kings 14:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En skeur die koninkryk van die huis van Dawid af en gee dit aan jou; en tog was jy nie soos my kneg Dawid nie, wat my gebooie onderhou het en wat My gevolg het met sy hele hart om net te doen wat reg is in my oë; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het die koningskap afgeskeur van die Dawidshuis en dit vir jou gegee. Maar jy was nie soos my dienaar Dawid wat my bevele gehoorsaam het, My ten volle gedien het en volgens my eise gelewe het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | en die koningskap van die huis van Dawid afgeskeur en dit aan jou gegee het, maar jy nie soos my kneg Dawid was wat my gebooie gehou en My met sy hele hart nagevolg het om net te doen wat reg is in my oë nie, |
| Afrikaans 1983 | Toe Ek die koningskap afgeskeur het van die huis van Dawid af, het Ek dit aan jou gegee. Maar jy was nie soos my dienaar Dawid wat hom aan my opdragte gehou het en wat sy hele lewe aan My toegewy het deur net te doen wat reg is in my oë nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en Ek die koningskap van die huis van Dawid afgeskeur en dit vir jou gegee het, maar jy nie was soos my dienskneg Dawid nie, hy wat my gebooie nagekom het en My gevolg het met sy hele hart deur slegs te doen wat reg is in my oë, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het die land weggevat van die koningshuis van Dawid en Ek het dit vir jou gegee. Maar jy is nie soos my dienaar Dawid nie. Hy het My gedien met sy hele hart en hy het dinge gedoen waarvan Ek hou. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het die grootste deel van Dawid se koninkryk gevat en vir jou gegee. Tog is jy nie ’n man soos Dawid nie. Hy het My liefgehad en my wil met oorgawe gedoen. |