1 Kings 14:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Ahía die geluid van haar voete hoor toe sy by die deur ingaan, sê hy: Kom in, vrou van Jeróbeam! waarom gee jy jouself voor om 'n ander te wees? want ek is na jou gestuur met swaar tyding. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe Agija haar voetstappe by die deur hoor, roep hy: “Kom binne, vrou van Jerobeam! Hoekom gee jy voor dat jy iemand anders is? Ek het slegte nuus vir jou. |
| Afrikaans 1933/1953 | en Ah¡a die geluid van haar voete hoor toe sy by die deur inkom, sê hy: Kom in, vrou van Jerobeam! Waarom stel jy jou so vreemd aan? Aan my is 'n harde boodskap aan jou toevertrou. |
| Afrikaans 1983 | maar net toe Agija haar voetstappe hoor terwyl sy by die deur inkom, sê hy: “Kom binne, jy is die vrou van Jerobeam! Waarom maak jy asof jy iemand anders is? Ek het slegte nuus vir jou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Net toe Agija die geluid van haar voetstappe hoor, terwyl sy by die ingang inkom, sê hy vir haar: “Kom binne, vrou van Jerobeam! Nou hoekom doen jy jou as 'n vreemdeling voor? Ek word na jou gestuur met 'n harde woord. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | maar toe Agija hoor sy kom by die deur in, sê hy: “Kom in, vrou van Jerobeam. Hoekom is jou gesig toe? Ek het 'n slegte boodskap vir jou. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Agija haar by die deur hoor, het hy gesê: “Kom in. Ek weet wie jy is. Jy is Jerobeam se vrou. Waarom maak jy of jy iemand anders is? Ek het baie slegte nuus vir jou. |