1 Kings 14:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die HERE vir Ahía: Kyk, die vrou van Jeróbeam kom om iets van jou vir haar seun te vra; want hy is siek; so en so moet jy vir haar sê: want as sy inkom, sal sy voorgee dat sy 'n ander vrou is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar die Here het reeds vir Agija ingelig: “Jerobeam se vrou kom hiernatoe en sal haar voordoen as iemand anders. Sy sal navraag doen oor haar seun, want hy is baie siek. Antwoord haar soos Ek vir jou sê.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die HERE het vir Ah¡a gesê: Kyk, die vrou van Jerobeam kom om jou te raadpleeg oor haar seun, want hy is siek; so en so moet jy vir haar sê. En toe sy inkom, terwyl sy haar as 'n vreemde aanstel, |
| Afrikaans 1983 | Maar die Here het vir hom gesê: “Jerobeam se vrou kom jou raadpleeg oor haar seun wat siek is. Sê vir haar wat Ek vir jou sê.” Toe sy inkom, wou sy nog maak asof sy iemand anders is, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het egter vooraf vir Agija gesê: “Kyk, die vrou van Jerobeam kom om jou te raadpleeg oor haar seun, want hy is siek. Dit en dit moet jy vir haar sê. Wanneer sy inkom, sal sy haar as 'n vreemdeling voordoen.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir hom gesê: “Jerobeam se vrou het gekom om vir jou te vra wat sal gebeur met haar seun, want hy is siek. Jy moet vir haar sê wat Ek vir jou sê.” Die vrou se gesig was toe, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het egter vir Agija gesê dat Jerobeam se vrou op pad was en dat sy hom oor hulle siek kind kom sien. Hy het ook vir Agija gesê hoe hy Jerobeam se vrou moet antwoord. Toe die vrou uiteindelik in Silo aankom, het sy haar as iemand anders voorgedoen. |