1 Kings 14:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die vrou van Jeróbeam het so gedoen en opgestaan en na Silo gegaan en by die huis van Ahía gekom. Maar Ahia kon nie sien nie; want sy oë was gespanne vanweë sy ouderdom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jerobeam se vrou het toe na Agija se huis in Silo gegaan. Teen hierdie tyd kon hy nie meer sien nie omdat die ouderdom sy oë ingehaal het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die vrou van Jerobeam het so gedoen -- haar gereedgemaak en na Silo gegaan en in die huis van Ah¡a gekom; en Ah¡a kon nie sien nie, want sy oë was styf vanweë sy ouderdom. |
| Afrikaans 1983 | Jerobeam se vrou het so gemaak. Sy het na Silo toe gegaan en by Agija se huis aangekom. Agija kon nie meer sien nie, hy was al blind van ouderdom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die vrou van Jerobeam het toe so gemaak. Sy het gereedgemaak, na Silo gegaan en by Agija se huis aangekom. Agija kon nie sien nie, want sy oë was al star vanweë sy ouderdom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jerobeam se vrou het gedoen wat hy gesê het. Sy het gereedgemaak en na Silo gegaan en by die huis van Agija gekom. Agija was al baie oud, hy kon nie meer sien nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jerobeam se vrou is Silo toe en het die man besoek. Hy was al baie oud en al amper blind. |