1 Kings 14:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Rehábeam het ontslaap met sy vaders en is begrawe by sy vaders in die stad van Dawid. En die naam van sy moeder was Naäma en die Ammoniete. En sy seun Abía het in sy plek geregeer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe Rehabeam sterf, is hy in die familiegraf in die Dawidstad begrawe. Sy ma was Naäma, ’n Ammonitiese vrou. Sy seun Abia het hom as koning opgevolg. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Reh beam het ontslaap met sy vaders en is begrawe by sy vaders in die stad van Dawid; en die naam van sy moeder was Naäma, die Ammonitiese; en sy seun Ab¡a het in sy plek koning geword. |
| Afrikaans 1983 | Rehabeam is oorlede, en hy is begrawe in die familiegraf in die Dawidstad. Sy ma was Naäma, 'n Ammonitiese vrou. Sy seun Abia het hom as koning opgevolg. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Rehabeam het by sy voorouers gaan rus, en hy is by sy voorouers begrawe in die Stad van Dawid. Sy moeder se naam was Naäma, die Ammoniet. Sy seun Abia het in sy plek koning geword. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Rehabeam het gesterf en hulle het hom begrawe by sy voorvaders in die Dawidstad. Sy ma was Naäma, sy was 'n Ammonitiese vrou. Rehabeam se seun Abia het koning geword ná hom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Rehabeam is dood en is in Jerusalem in die familiegraf begrawe. Sy ma was Naäma, ’n vrou uit Ammon. Sy seun Abia het in sy plek koning geword. |