1 Kings 14:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En neem saam met jou tien brode en koeke en 'n kruik heuning, en gaan na hom toe; hy sal jou vertel wat van die kindjie sal word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Vat vir hom tien brode, koeke en ’n kruik vol heuning saam. Hy sal vir jou sê wat met die seun sal gebeur.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En neem met jou saam tien brode en koeke en 'n kruik met heuning, en gaan na hom toe; hy sal jou te kenne gee wat met die seun sal gebeur. |
| Afrikaans 1983 | Vat tien brode en koeke en 'n kruik heuning saam en gaan na hom toe. Hy sal vir jou sê wat met die kind gaan gebeur.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Neem tien brode, gebak en 'n kruik heuning saam en gaan na hom toe. Hy sal aan jou bekend maak wat met die seun gaan gebeur.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet tien brode neem en koekies en 'n kruik heuning en jy moet na hom toe gaan. Hy sal vir jou sê wat met die kind sal gebeur.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vat tien brode, koeke en ’n kruik met heuning vir die man saam. En vra hom wat ons seun makeer en of hy gesond sal word.” |