1 Kings 14:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe die koning in die huis van die HERE ingegaan het, het die wag hulle gedra en hulle teruggebring in die wagkamer.
Afrikaans (NLV) 2011 Elke keer wanneer die koning na die tempel van die Here gegaan het, het die wagte die skilde saamgedra en dit daarna weer in die wagte se kamer gebêre.
Afrikaans 1933/1953 So dikwels as die koning in die huis van die HERE ingaan, dra die hardlopers dit en bring dit weer terug in die wagkamer van die hardlopers.
Afrikaans 1983 Elke keer wanneer die koning na die huis van die Here toe gegaan het, het die wag die skilde gedra, en daarna het hulle die skilde teruggebring na die wagte se kamer toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Telkens wanneer die koning die huis van die Here binnegegaan het, het die hardlopers dit gedra en dit daarna weer teruggeneem na die wagkamer van die hardlopers.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Elke maal wanneer die koning na die tempel gegaan het, dan het die wagte die skilde gedra. Daarna het hulle die skilde teruggebring na die wagte se kamer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Elke keer as Rehabeam na die tempel toe gegaan het, het die wagte die koperskilde gedra. Na die tyd het hulle dit weer in die paleis se stoorkamers gaan terugsit.