1 Kings 14:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar was ook sodomiete in die land, en hulle het gehandel volgens al die gruwels van die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel verdryf het.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar was ook manlike tempelprostitute in die land. Die Judeërs het dieselfde afskuwelike praktyke beoefen as die heidennasies wat die Here ter wille van die Israeliete uit die land verdryf het.
Afrikaans 1933/1953 En daar was ook skandseuns in die land; hulle het gehandel volgens al die gruwels van die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdrywe het.
Afrikaans 1983 Daar was selfs manlike tempelprostitute in die land. Die hele Juda het dieselfde afskuwelike sondes gedoen as die nasies wat deur die Here verdryf is om vir die Israeliete plek te maak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar was selfs manlike tempelprostitute in die land. Die mense het al die afstootlike dade van die nasies wat die Here voor die Israeliete uit verdryf het, nagedoen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar was ook tempel-prostitute in die land. Die mense van Juda het verkeerde dinge gedoen, dinge wat die Here haat. Hulle het dieselfde dinge gedoen soos die ander volke. Die Here het daardie volke weggejaag om plek te maak vir die Israeliete.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar was selfs prostitute by daardie offerplekke. Die mense van Juda het presies gedoen soos daardie volke wat die Here destyds uit Kanaän verdryf het sodat Israel in die land kon woon.