1 Kings 14:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want hulle het ook vir hulle hoogtes en beelde en heilige boomstamme gebou op elke hoë heuwel en onder elke groen boom.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het op elke hoë heuwel en onder elke groen boom hoogtes gebou en klippilare en pale gewy aan Asjera opgerig.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het ook vir hulle hoogtes gebou en klippilare en heilige boomstamme op elke hoë heuwel en onder elke groen boom.
Afrikaans 1983 Hulle het vir hulle hoogtes gebou en klippilare en gewyde pale opgerig op elke hoë heuwel en onder elke groen boom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ook hulle het vir hulleself offerhoogtes, gedenkstene en asjeras opgerig op elke hoë heuwel en onder elke skaduryke boom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het ook vir hulle offer-plekke gebou en klip-pale en gewyde pale ingeplant op elke hoë heuwel en onder elke groen boom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het op baie hoë plekke in die berge altare gebou en klippilare en beelde van die godin Asjera daar opgerig. Hulle het onder elke groen boom saamgekom en offers vir ander gode gebring.