1 Kings 14:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Juda het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, en hulle het Hom tot ywer gewek deur hulle sondes wat hulle gedoen het, bo alles wat hulle vaders gedoen het.
Afrikaans (NLV) 2011 Gedurende die regering van Rehabeam het die Judeërs gedoen wat verkeerd was vir die Here. Met hulle sondes het hulle die Here meer getart as wat hulle voorouers gedoen het.
Afrikaans 1933/1953 En Juda het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE en sy ywer opgewek, meer as al die dade van hulle vaders, deur hul sondes wat hulle gedoen het.
Afrikaans 1983 Juda het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here, en deur die sondes wat hulle gedoen het, het hulle die Here meer uitgetart as wat hulle voorvaders gedoen het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Juda het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here. Hulle het Hom nog meer ontstel met die sondes wat hulle gedoen het as alles wat hulle voorouers gedoen het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense van Juda het dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie. Hulle het Hom baie kwaad gemaak omdat hulle daardie sondes gedoen het. Hulle het Hom meer kwaad gemaak as hulle voorvaders.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Juda het die Here diep teleurgestel. Hulle ongehoorsaamheid was vir Hom ’n groot skande. Hulle was erger as enige geslag voor hulle.