1 Kings 14:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê toe Jeróbeam vir sy vrou: Staan tog op en maak jou vermom, sodat jy nie weet dat jy die vrou van Jeróbeam is nie; en gaan na Silo toe; kyk, daar is die profeet Ahía wat vir my gesê het dat ek koning moet word oor hierdie volk.
Afrikaans (NLV) 2011 Jerobeam sê toe vir sy vrou: “Vermom jouself sodat niemand jou as Jerobeam se vrou kan herken nie. Gaan dan na die profeet Agija in Silo, die man wat gesê het dat ek koning oor hierdie volk sou word.
Afrikaans 1933/1953 En Jerobeam het vir sy vrou gesê: Maak jou tog gereed en trek ander klere aan, sodat hulle nie kan merk dat jy die vrou van Jerobeam is nie, en gaan na Silo; kyk, daar is die profeet Ah¡a wat van my gesê het dat ek koning oor hierdie volk sou word.
Afrikaans 1983 Jerobeam sê toe vir sy vrou: “Gaan vermom jou sodat die mense jou nie herken as Jerobeam se vrou nie. Gaan dan na Silo toe waar die profeet Agija is. Dit is hy wat gesê het dat ek koning sal word oor hierdie volk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jerobeam sê toe vir sy vrou: “Maak asseblief gereed; vermom jouself, sodat hulle nie weet dat jy die vrou van Jerobeam is nie, en gaan dan na Silo. Kyk, dit is waar die profeet Agija is. Dit is hy wat oor my voorspel het dat ek koning sal word oor hierdie volk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jerobeam het vir sy vrou gesê: “Jy moet jou gesig toemaak sodat mense nie kan weet jy is my vrou nie en jy moet na die stad Silo gaan. Dit is waar die profeet Agija woon, die profeet wat gesê het dat ek die koning sal word van hierdie volk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het toe sy vrou geroep en vir haar gesê: “Vermom jou en sorg dat niemand jou herken nie. Gaan dan Silo toe, want die profeet Agija bly daar. Hy is die man wat destyds gesê het ek sal die koning van Israel word.