1 Kings 14:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die verdere geskiedenis van Jeróbeam, hoe hy oorlog gevoer het en hoe hy geregeer het, kyk, dit is beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die ander gebeurtenisse tydens Jerobeam se regering, al sy oorloë en hoe hy regeer het, is opgeteken in Die boek van die handelinge van die konings van Israel. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die verdere geskiedenis van Jerobeam, hoe hy oorlog gevoer en hoe hy geregeer het, kyk, dit is beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel. |
| Afrikaans 1983 | Die ander verhale oor Jerobeam, oor sy oorloë en sy regering, is opgeteken in die annale van die konings van Israel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die verdere geskiedenis van Jerobeam, hoe hy oorlog gevoer en regeer het – kyk, dit is opgeteken in die boekrol met die kronieke van die konings van Israel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Al die ander dinge wat Jerobeam gedoen het, hoe hy oorlog gemaak het en hoe hy regeer het, is geskryf in die dagboeke van die konings van Israel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Alles oor Jerobeam se regering en sy oorloë is opgeteken in die boek Die lewe en werk van al Israel se konings. |