1 Kings 14:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het hom begrawe; en die hele Israel het oor hom getreur volgens die woord van die HERE wat Hy gespreek het deur die hand van sy kneg, die profeet Ahía.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het hom begrawe en die hele Israel het oor hom gerou soos die Here deur Agija die profeet gesê het.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het hom begrawe, en die hele Israel het hom beklaag volgens die woord van die HERE wat Hy gespreek het deur die diens van sy kneg, die profeet Ah¡a.
Afrikaans 1983 Hulle het hom begrawe, en die hele Israel het oor hom gerou. Dit was in ooreenstemming met wat die Here gesê het deur sy dienaar die profeet Agija.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die hele Israel het hom begrawe en oor hom gerou, ooreenkomstig die woord van die Here wat Hy gespreek het by monde van sy dienskneg, die profeet Agija.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense van Israel het hom begrawe en hulle het almal oor hom gerou. Die Here het voorheen gesê sy dienaar die profeet Agija moet sê dat dit so sal gebeur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Soos die Here deur Agija gesê het, het die volk hom begrawe en oor die seun gerou.