1 Kings 14:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die HERE sal Israel slaan soos 'n riet in die water geskud word, en Hy sal Israel uitroei uit hierdie goeie land wat Hy aan hulle vaders gegee het, en Hy sal hulle anderkant die Eufraat verstrooi, omdat hulle hulle heilige boomstamme gemaak het, wat die HERE terg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dan sal die Here Israel tref soos vloedwater ’n riet tref. Hy sal die mense van Israel uitruk uit hierdie goeie land wat Hy vir hulle voorouers gegee het en hulle verstrooi tot anderkant die Eufraatrivier, want hulle het die Here uitgetart met pale wat aan Asjera gewy was. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die HERE sal Israel slaan, soos 'n riet in die water heen en weer beweeg, en sal Israel uitruk uit hierdie goeie land wat Hy aan hulle vaders gegee het, en hulle anderkant die Eufraat verstrooi, omdat hulle hul heilige boomstamme gemaak en die HERE geterg het. |
| Afrikaans 1983 | So sal die Here Israel tref soos vloedwater riet tref. Die Here sal Israel uitdryf uit hierdie goeie land wat Hy aan hulle voorvaders gegee het, en Hy sal hulle anderkant die Eufraat verstrooi omdat hulle gewyde pale gemaak het en die Here daarmee uitgetart het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here gaan Israel tref; hulle sal wees soos 'n riet wat in die water heen en weer swaai. Hy gaan Israel wegruk van hierdie goeie grond af wat Hy vir hulle voorouers gegee het en hulle anderkant die Rivier verstrooi, omdat hulle asjeras gemaak het en die Here gedurig uitgetart het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sal op die mense van Israel afkom soos 'n watervloed wat riete laat bewe. Hy sal hulle weggooi uit hierdie goeie land wat Hy vir hulle voorvaders gegee het en Hy sal hulle na al die kante toe jaag tot anderkant die Eufraat-rivier. Hy sal dit doen omdat hulle gewyde pale gemaak het en so die Here kwaad gemaak het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here gaan Israel so slaan dat hulle sal bewe soos ’n riet in ’n waterstroom. Dan sal Hy Israel wegvat van hierdie goeie grond wat Hy lank gelede aan hulle voorvaders gegee het. Hy sal hulle na ’n ver land anderkant die Eufraatrivier wegvoer. Alles sal presies so gebeur omdat hulle die Here verneder het deur beelde van Asjera te maak. |