1 Kings 14:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die hele Israel sal oor hom rou en hom begrawe, want hy alleen van Jeróbeam sal in die graf kom, omdat daar in hom iets goeds gevind is aan die HERE, die God van Israel, in die huis van Jeróbeam.
Afrikaans (NLV) 2011 Die hele Israel sal oor hom rou en hom begrawe. Hy is die enigste van die familie van Jerobeam wat begrawe sal word, want hierdie kind is die enigste een in die familie van Jerobeam in wie die Here, die God van Israel, iets goeds gekry het.
Afrikaans 1933/1953 En die hele Israel sal hom beklaag en hom begrawe, want hy alleen van Jerobeam sal in 'n graf kom, omdat in hom iets goeds voor die HERE, die God van Israel, te vinde was in die huis van Jerobeam.
Afrikaans 1983 Die hele Israel sal oor hom rou en hom begrawe. Hy sal ook die enigste van die familie van Jerobeam wees wat in 'n graf kom, want in die huis van Jerobeam het die Here die God van Israel net in hom iets goeds gevind.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die hele Israel sal oor hom rou en hom begrawe, want van dié wat aan Jerobeam behoort, sal net hy in 'n graf kom, omdat daar, uit die huis van Jerobeam, in hom iets goeds gevind is deur die Here, die God van Israel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die hele Israel sal oor hom rou en hulle sal hom begrawe. Hy is die enigste een van die nageslag van Jerobeam wat hulle in 'n graf sal begrawe, want die Here, die God van Israel, het gesien dat daar in die hele koningshuis van Jerobeam net in hierdie kind iets is wat goed is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Almal sal hartseer wees en oor u seun rou. Die Here het net in hom iets goeds gevind, en daarom sal hy ook die enigste van Jerobeam se kinders wees wat ooit in ’n familiegraf begrawe sal word.