1 Kings 14:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wie van Jeróbeam in die stad sterwe, sal die honde eet; en hom wat in die veld sterwe, sal die voëls van die hemel eet, want die HERE het dit gespreek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die honde sal elkeen wat aan Jerobeam behoort en wat in die stad sterf, opvreet, en dié wat in die veld sterf, sal die roofvoëls verslind. Dit sal gebeur, want die Here het dit gesê.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Die een wat van Jerobeam in die stad sterwe, hom sal die honde eet; en wat in die veld sterwe, sal die voëls van die hemel eet, want die HERE het dit gespreek. |
| Afrikaans 1983 | Die een van Jerobeam wat in die stad omkom, die honde sal hom opvreet; en die een wat in die veld omkom, die roofvoëls sal hom vreet. Dit sal gebeur omdat die Here dit gesê het.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As iemand van Jerobeam in die stad sterf, sal die honde hom vreet; en as iemand van Jerobeam in die veld sterf, sal die voëls van die hemel hom vreet.” ’ Ja, die Here self het dit gesê. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer iemand van die nageslag van Jerobeam in die stad sterf, dan sal die honde hom opvreet, en wanneer iemand in die veld sterf, dan sal die voëls hom opvreet. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dié wat in die stad sterf, sal deur honde verskeur word en dié wat in die veld doodgaan, sal deur die voëls opgevreet word. Alles sal gebeur omdat Ek dit sê.”’ |