1 Kings 14:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, kyk, Ek bring onheil oor die huis van Jeróbeam, en Ek sal uit Jeróbeam uitroei hom wat teen die muur ploeter, en hom wat opgesluit en oorgebly het in Israel, en die oorblyfsel van die huis van Jeróbeam wegneem, soos 'n mens mis wegneem totdat dit alles weg is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | sal Ek rampe oor jou koningshuis laat kom. Ek sal elke manlike uit die nageslag van Jerobeam uitroei uit Israel, of dit slawe of vry mense is. Ek sal jou koningshuis verbrand soos ’n mens rommel verbrand totdat daar niks oor is nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | kyk, daarom bring Ek onheil oor die huis van Jerobeam en sal van Jerobeam uitroei al wat manlik is in Israel, sonder uitsondering; en Ek sal die huis van Jerobeam skoon wegvee soos 'n mens drek wegvee totdat daar niks van oor is nie. |
| Afrikaans 1983 | Om dié rede bring Ek ellende oor die huis van Jerobeam. Ek sal al wat manlik is uit die nageslag van Jerobeam, wie ook al, uit Israel uitroei. Ek gaan heeltemal ontslae raak van die huis van Jerobeam, soos 'n mens van vuilgoed ontslae raak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | daarom: Kyk, Ek gaan onheil bring oor die huis van Jerobeam. Ek sal van Jerobeam die mansmense in Israel uitroei, sowel hulle wat gevange is as hulle wat vrygelaat is. Ek sal die koningshuis van Jerobeam wegvee soos 'n mens drek wegvee, totdat hy heeltemal vernietig is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom sal Ek dit nou sleg laat gaan met die koningshuis van Jerobeam. Ek sal al die mans en die seuns in die koningshuis van Jerobeam laat sterf, slawe en ook mense wat vry is in Israel. Soos 'n mens beesmis verbrand totdat dit as is, so sal Ek doen met die koningshuis van Jerobeam. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Met jou en jou familie gaan daar iets verskrikliks gebeur. Alle mans, oud en jonk, sal uitgewis word. Ek sal Jerobeam se familie wegvee soos ’n mens gemors wegvee. |