1 Kings 13:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want so is my bevel gegee deur die woord van die HERE, naamlik: Moenie brood eet en water drink nie, en moenie terugdraai op die pad wat jy gekom het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het my beveel: ‘Jy mag geen kos eet of water drink terwyl jy daar is nie. En moenie met dieselfde pad terugkom as wat jy gegaan het nie.’”
Afrikaans 1933/1953 Want so het die HERE my bevel gegee deur sy woord en gesê: Jy mag geen brood eet of water drink nie, en jy mag nie terugkeer met die pad waarmee jy gegaan het nie.
Afrikaans 1983 want dit was die Here se bevel aan my: Jy mag daar niks eet nie en jy mag daar nie water drink nie; en jy mag nie met dieselfde pad terugkom as dié waarmee jy gegaan het nie!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want so is ek deur die woord van die Here beveel, ‘Jy mag nie brood eet of water drink nie, en jy mag nie terugkeer met die pad waarmee jy gegaan het nie.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) want die Here het vir my gesê: ‘Jy moenie daar eet of drink nie en jy moenie op dieselfde pad terugkom nie.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die profeet het presies gesê wat die Here vir hom gesê het. Hy moes niks van die koning vat nie en hy moes ook met ’n ander pad teruggaan huis toe.