1 Kings 13:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die koning het geantwoord en aan die man van God gesê: Bid tog die aangesig van die HERE jou God en bid vir my, dat my hand my weer herstel kan word. En die man van God het die HERE gesmeek, en die koning se hand het hom weer herstel en geword soos tevore.
Afrikaans (NLV) 2011 Die koning vra toe vir die man van God: “Asseblief, bid tot die Here jou God om my hand te herstel!” Die man van God het tot die Here gebid en die koning se hand het herstel soos tevore.
Afrikaans 1933/1953 Toe begin die koning om aan die man van God te sê: Smeek tog die aangesig van die HERE jou God om genade en bid vir my, dat my hand tot my terugkeer. En die man van God het die aangesig van die HERE om genade gesmeek, sodat die hand van die koning tot hom teruggekeer het en dit soos tevore was.
Afrikaans 1983 Toe sê die koning vir die man van God: “Bid tog tot die Here jou God om genade vir my sodat my hand weer kan reg word.” Nadat die man van God tot die Here gebid het om genade, het die hand van die koning herstel net soos dit tevore was.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koning het daarop gereageer deur vir die man van God te sê: “Soek asseblief die guns van die Here jou God en bid vir my, sodat ek my hand kan terugtrek.” Die man van God het toe die guns van die Here gesoek, en die koning het sy hand teruggetrek, soos dit voorheen was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning het vir die man van God gesê: “Praat asseblief mooi met jou God die Here en bid vir my sodat ek my hand kan terugtrek.” Die man van God het dit gedoen, en die koning se hand was weer reg. Dit was weer soos dit voorheen was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jerobeam het benoud vir die profeet gesê: “Vra asseblief die Here jou God om my hand gesond te maak.” Die profeet het die Here gesmeek en die koning se hand was weer normaal.