1 Kings 13:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ook het die altaar geskeur, en die as het van die altaar af gegooi, volgens die teken wat die man van God deur die woord van die HERE gegee het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Terselfdertyd het die altaar uitmekaargebreek en die as het op die grond geval. Dit het net so gebeur soos wat die man van God op bevel van die Here gesê het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die altaar is uitmekaargeskeur, en die as is van die altaar afgegooi volgens die wonderteken wat die man van God aangekondig het deur die woord van die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Die altaar het uitmekaar geruk, en die as het afgeval. Dit was die wonderteken wat die man van God aangekondig het op bevel van die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die altaar het uitmekaargeskeur en die vetterige as het van die altaar af gestort, ooreenkomstig die teken wat die man van God aangekondig het deur die woord van die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die altaar het oopgebars, en die as het op die grond geval. Dit was die teken van die Here soos die man van God gesê het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Skielik het die altaar ineengestort en die as van die offers is oral versprei, net soos die profeet op bevel van die Here gesê het. |