1 Kings 13:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe koning Jeróbeam die woord hoor van die man van God wat teen die altaar in Bet-el geroep het, het hy sy hand van die altaar uitgesteek en gesê: Gryp hom vas. En sy hand wat hy teen hom uitgesteek het, het opgedroog, sodat hy dit nie weer na hom kon intrek nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Koning Jerobeam was woedend vir die man van God omdat hy teen die altaar gepraat het. Hy het sy hand na die man uitgesteek en gesê: “Gryp hom!” Maar die koning se hand het dadelik styf geword sodat hy dit nie weer kon terugtrek nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En net toe die koning die woord van die man van God hoor wat hy teen die altaar in Bet-el uitgeroep het, steek Jerobeam sy hand uit bo van die altaar af en sê: Gryp hom! Maar sy hand wat hy teen hom uitgesteek het, het styf geword, sodat hy dit nie weer kon terugtrek nie. |
| Afrikaans 1983 | Toe koning Jerobeam hoor wat die man van God uitroep teen die altaar van Bet-El, het hy daar van die altaar af sy hand uitgesteek en gesê: “Gryp hom!” Maar die hand wat hy uitgesteek het, het styf geword, en hy kon hom nie weer terugtrek nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die koning die woord van die man van God hoor wat hy uitgeroep het teen die altaar in Bet-El, steek Jerobeam sy hand bo van die altaar af uit en sê: “Gryp hom!” Maar sy hand wat hy na hom uitgesteek het, het verstyf en hy kon dit nie weer na hom terugtrek nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe koning Jerobeam hoor wat die man van God sê van die altaar in Bet-El, het hy sy hand uitgesteek van bo-op die altaar en hy het gesê: “Gryp hom!” Maar die hand wat hy uitgesteek het, het styf geword. Hy kon dit nie terugtrek nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Jerobeam dit hoor, was hy woedend en het gesê: “Gryp die man.” Op daardie oomblik het die koning se hand heeltemal styf geword. Hy kon dit nie weer terugtrek nie. |