1 Kings 13:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ná hierdie ding het Jeróbeam nie van sy verkeerde weg teruggekeer nie, maar uit die laagstes van die volk weer priesters van die hoogtes gemaak; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar selfs ten spyte van hierdie gebeurtenis het Jerobeam nie sy bose dinge laat vaar nie. Hy het voortgegaan om sommer uit die volk priesters vir die hoogtes aan te stel. Hy het enigeen wat ’n priester wou wees as priester by die hoogtes aangestel. |
| Afrikaans 1933/1953 | Nhierdie gebeurtenis het Jerobeam nie van sy verkeerde weg teruggekom nie, maar weer priesters van die hoogtes aangestel uit al die dele van die volk. Elkeen wat wou, die het hy aangestel, dat hy een van die priesters van die hoogtes kon word. |
| Afrikaans 1983 | Jerobeam het hom hierna tog nie bekeer van sy verkeerde pad nie. Hy het aangehou om sommer uit die volk priesters vir die hoogtes aan te stel. Almal wat wou, het hy aangestel as priesters vir die hoogtes. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Selfs ná hierdie gebeure het Jerobeam nie teruggedraai van sy verkeerde pad af nie. Hy het weer uit alle dele van die volk priesters vir die offerhoogtes aangestel. Wie ook al wou, het hy as priester gewy, en dan het die persoon een van die priesters van die offerhoogtes geword. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jerobeam het ná hierdie dinge nie opgehou om die slegte dinge te doen wat hy gedoen het nie. Hy het aangehou om priesters te kies en aan te stel, mense wat nie van die Levi-stam was nie. Hy het elkeen wat 'n priester wou wees, aangestel om priester te wees by die offer-plekke. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jerobeam het voortgeleef asof niks gebeur het nie. Hy het oral altare gebou en sommer enigiemand wat hy wou daar as priester aangestel. |