1 Kings 13:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die woord wat hy deur die woord van die HERE uitgeroep het teen die altaar in Bet-el en teen al die hoogtes wat in die stede van Samaría is, sal sekerlik gebeur.
Afrikaans (NLV) 2011 Die boodskap van die Here wat hy oor die altaar in Bet-El en oor die hoogtes in Samaria aangekondig het, sal sekerlik presies so gebeur.”
Afrikaans 1933/1953 Want die woord sal sekerlik uitkom wat hy deur die woord van die HERE uitgeroep het teen die altaar wat in Bet-el is, en teen al die tempels van die hoogtes wat in die stede van Samar¡a is.
Afrikaans 1983 “Wat hy op bevel van die Here oor die altaar in Bet-El en oor al die heiligdomme op die hoogtes by die stede van Samaria gesê het, sal beslis net so gebeur.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want die boodskap wat hy deur die woord van die Here uitgeroep het teen die altaar wat in Bet-El is en teen al die tempels op die offerhoogtes wat in die stede van Samaria is, sal beslis bewaarheid word.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) want die Here het hom gestuur, en die dinge sal gebeur wat hy gesê het teen die altaar in Bet-El en teen al die tempels by die offer-plekke in die stede van Samaria, dit is seker.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) want sy woorde oor die altaar in Bet-El en al die ander aanbiddingsplekke in Samaria sal nog waar word. Alles wat hy gesê het, het van die Here gekom.”