1 Kings 13:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En nadat hy hom begrawe het, het hy met sy seuns gespreek en gesê: As ek dood is, begrawe my dan in die graf waarin die man van God begrawe is; lê my gebeente langs sy gebeente neer:
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna sê die profeet vir sy seuns: “Wanneer ek sterf, moet julle my in dieselfde graf begrawe waar die man van God begrawe is. Sit my bene langs sy bene.
Afrikaans 1933/1953 En nadat hy hom begrawe het, sê hy aan sy seuns: As ek sterwe, dan moet julle my begrawe in die graf waar die man van God in begrawe is; lê my bene langs sy bene neer.
Afrikaans 1983 Na die begrafnis het hy vir sy seuns gesê: “As ek te sterwe kom, moet julle my begrawe in dieselfde graf as dié waarin die man van God begrawe is. Sit my bene langs syne neer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nadat hy hom begrawe het, het hy vir sy seuns gesê: “Wanneer ek sterf, moet julle my begrawe in die graf waarin die man van God begrawe is. Langs sy beendere moet julle my liggaam neerlê.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nadat hy hom begrawe het, het die profeet vir sy seuns gesê: “Wanneer ek sterf, dan moet julle my begrawe in die graf waar ek die man van God begrawe het. Julle moet my lyk by sy bene sit,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Na ’n ruk het die ouer profeet vir sy seuns gesê: “Wanneer ek die dag doodgaan, moet julle my in dieselfde graf begrawe as die man uit Juda,