1 Kings 13:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het dieselfde dag 'n teken gegee en gesê: Dit is die teken wat die HERE gespreek het; Kyk, die altaar sal geskeur word, en die as wat daarop is, moet uitgegooi word.
Afrikaans (NLV) 2011 Die man van God het ook ’n teken aangekondig om sy boodskap te bevestig. Hy het gesê: “Die Here het hierdie teken gegee: Hierdie altaar sal uitmekaarbreek en die as daarop sal op die grond val.”
Afrikaans 1933/1953 En hy het dieselfde dag 'n wonderteken aangekondig en gesê: Dit is die wonderteken d t die HERE gespreek het: Kyk, die altaar sal uitmekaarskeur en die as wat daarop is, afgegooi word.
Afrikaans 1983 Terselfdertyd het hy 'n wonderteken aangekondig: “Dit is die teken wat die Here gee: hierdie altaar sal uitmekaar ruk sodat die as wat daarop is, op die grond val.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het op dieselfde dag 'n teken aangekondig: “Dit is die teken waarvan die Here gepraat het, ‘Kyk, die altaar sal uitmekaarskeur, sodat die vetterige as wat daarop is, gestort word.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die man van God het daardie dag gesê die Here sal hierdie teken gee: Die altaar sal oopbars, en die as sal op die grond val.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die profeet het verder gesê: “Iets ergers gaan nog gebeur. Dit sal die teken wees dat die Here gepraat het. Hierdie altaar sal in ’n klomp stukke breek en die as van al die offers sal oral deur die wind verstrooi word.”