1 Kings 13:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die profeet het die lyk van die man van God opgetel en dit op die esel gelê en dit teruggebring; en die ou profeet het in die stad gekom om te treur en hom te begrawe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die profeet het die liggaam van die man van God op die donkie gelaai en dit na Bet-El toe teruggebring om oor hom te treur en hom te begrawe. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarna het die profeet die lyk van die man van God opgetel en dit op die esel gesit en dit teruggebring en in die stad van die ou profeet gekom om te rouklaag en hom te begrawe. |
| Afrikaans 1983 | Die profeet het die liggaam van die man van God op die donkie getel en dit na Bet-El die stad van die óú profeet toe gebring om daar oor hom te treur en hom te begrawe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die ou profeet tel toe die lyk van die man van God op, sit dit op die donkie en neem dit terug. Die ou profeet het sy dorp binnegegaan om te treur en om die lyk te begrawe. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die profeet het die lyk van die man van God opgetel en hy het dit op die donkie gelaai. Hy het die lyk teruggebring na sy stad om oor die man van God te rou en om hom te begrawe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die ou man het die lyk op sy donkie gelaai en Bet-El toe gebring. Hy wou oor hom rou en hom begrawe. |