1 Kings 13:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het gegaan en sy lyk op die pad gegooi, en die esel en die leeu staan by die aas; die leeu het die aas nie geëet en die esel nie geskeur nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het gegaan en die liggaam gekry waar dit in die pad lê. Die donkie en die leeu het nog steeds daar gestaan. Die leeu het glad nie aan die liggaam gevreet of die donkie aangeval nie.
Afrikaans 1933/1953 Toe gaan hy weg en vind sy lyk neergewerp op die pad, terwyl die esel en die leeu langs die lyk staan; die leeu het die lyk nie geëet en die esel nie verskeur nie.
Afrikaans 1983 gaan hy en kry die liggaam daar in die pad, terwyl die donkie en die leeu daarby staan. Die leeu het nie die liggaam gevreet nie en hy het nie die donkie verskeur nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en hy het gegaan en die lyk gekry wat in die pad lê, met die donkie en die leeu wat langs die lyk staan. Die leeu het nie die lyk geëet nie en nie die donkie verskeur nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het gegaan en hy het die lyk gekry waar dit op die pad lê. Die donkie en die leeu het by die lyk gestaan. Die leeu het nie die lyk gevreet nie en hy het ook nie die donkie doodgemaak nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Na ’n ruk het hy by die plek aangekom. Die leeu en die donkie het nog steeds langs die dooie man gestaan. En die leeu het nie die man se liggaam verbrysel of die donkie opgevreet nie.