1 Kings 13:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe die profeet wat hom van die pad af teruggebring het, dit hoor, sê hy: Dit is die man van God wat aan die woord van die HERE ongehoorsaam was; daarom het die HERE hom oorgegee aan die leeu wat hom verskeur het, en maak hom dood volgens die woord van die HERE wat Hy met hom gespreek het.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die ou profeet wat hom laat afdraai het, dit hoor, sê hy: “Dit is die man van God wat ongehoorsaam was aan die Here se opdrag. Dis die Here wat die leeu gestuur het om hom aan te val en dood te maak, soos Hy gesê het.”
Afrikaans 1933/1953 Toe die profeet wat hom van die pad af laat omdraai het, dit hoor, sê hy: Dit is die man van God wat teen die mond van die HERE wederstrewig was; daarom het die HERE hom aan die leeu oorgegee wat hom verskeur en hom gedood het volgens die woord van die HERE wat Hy met hom gespreek het.
Afrikaans 1983 Toe die óú profeet wat hom van sy pad af teruggebring het, dit hoor, sê hy: “Dit is die man van God wat die opdrag van die Here verontagsaam het. Nou het die Here beskik dat 'n leeu hom verskeur en doodmaak, soos Hy oor hom laat sê het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die profeet wat hom op die pad laat omdraai het, hoor dit toe en sê: “Dit is die man van God wat in opstand gekom het teen die bevel van die Here. Die Here het hom aan 'n leeu oorgegee en dié het hom verskeur en doodgemaak, ooreenkomstig die woord van die Here, soos Hy vir hom gesê het.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die ou profeet wat die man van God laat omdraai het, het dit gehoor en hy het gesê: “Dit is die man van God wat opstandig was teen die Here. Die Here het die leeu na hom toe gestuur, en die leeu het hom verskeur en doodgemaak. Dit het gebeur soos die Here vir hom gesê het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe die ouer profeet daarvan hoor, het hy gesê: “Dit is mos die man uit Juda wat nie gedoen het wat die Here vir hom gesê het nie. Vir sy straf het ’n leeu hom nou doodgemaak. Dit het gebeur soos die Here vir hom gesê het.”