1 Kings 13:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En kyk, daar het manne verbygegaan en die aas op die pad gesien en die leeu by die aas staan; en hulle het gekom en dit vertel in die stad waar die ou profeet gewoon het.
Afrikaans (NLV) 2011 Mense wat verbygekom het, het die lyk gesien wat in die pad lê, en ook die leeu wat daar langsaan staan. Hulle het dit in Bet-El, waar die ou profeet gewoon het, gaan vertel.
Afrikaans 1933/1953 Intussen kom daar manne verby wat die lyk op die pad sien lê, terwyl die leeu langs die lyk staan; en hulle het dit kom sê in die stad waar die ou profeet woon.
Afrikaans 1983 Mense wat daarlangs gekom het, het die liggaam daar in die pad sien lê en die leeu wat langs die liggaam staan, en hulle het dit kom vertel in die stad waar die óú profeet gewoon het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Juis toe het daar mense verbygegaan; hulle het die lyk in die pad sien lê en die leeu wat langs die lyk staan. Hulle gaan toe en vertel dit in die dorp waar die ou profeet woon.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar het mense verbygekom en hulle het gesien dat die man van God se lyk op die pad lê en dat die leeu by die lyk staan. Hulle het dit gaan vertel in die stad waar die ou profeet gewoon het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Mense wat verbygestap het, kon hulle oë nie glo nie. Langs die dooie man het die leeu en die donkie rustig gestaan. Hulle het dit toe oral in Bet-El loop en vertel.