1 Kings 13:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hy weg was, het 'n leeu hom op die pad teëgekom en hom gedood; en sy lyk het op die pad gegooi, en die esel het daarby gaan staan; die leeu het ook by die aas gestaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Die man van God het toe vertrek. Op pad het ’n leeu hom aangeval en doodgemaak. Sy liggaam het daar in die pad gelê, terwyl die donkie en die leeu albei langs die liggaam bly staan het.
Afrikaans 1933/1953 en hy gaan weg; toe kom 'n leeu hom teë op die pad en maak hom dood. En sy lyk het neergewerp op die pad bly lê, terwyl die esel daarlangs staan en die leeu ook langs die lyk bly staan.
Afrikaans 1983 Die man van God het vertrek en onderweg het 'n leeu op hom afgekom en hom doodgemaak. Sy liggaam het daar in die pad gelê, die donkie het daar langsaan gestaan, en die leeu het langs die liggaam bly staan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en hy het vertrek. Maar 'n leeu het op die pad op hom afgekom en hom doodgebyt. Sy lyk het in die pad bly lê, terwyl die donkie daar langsaan staan, en die leeu langs die lyk staan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die man van God het toe daar weggegaan. Langs die pad het daar 'n leeu gekom en hy het die man van God doodgemaak. Die man se lyk het op die pad gelê, en die donkie en die leeu het by die lyk gestaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op pad het ’n leeu hom gevang en doodgebyt. Die Judese profeet het dood langs die pad gelê terwyl die donkie en die leeu langs sy lyk gestaan het.