1 Kings 13:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En nadat hy brood geëet en gedrink het, het hy vir hom die esel opgesaal, naamlik vir die profeet wat hy teruggebring het.
Afrikaans (NLV) 2011 Nadat die man van God klaar geëet en gedrink het, het die profeet wat hom laat afdraai het, die donkie vir hom opgesaal.
Afrikaans 1933/1953 Nadat hy dan geëet en gedrink het, saal hy vir hom die esel op -- vir die profeet wat hy laat omdraai het --
Afrikaans 1983 Nadat die man van God klaar geëet en gedrink het, het die profeet die man van God wat hy laat omdraai het, se donkie opgesaal.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nadat hy brood geëet het en nadat hy gedrink het, het die ou profeet vir die profeet wat hy laat omdraai het, 'n donkie opgesaal,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nadat die man van God klaar geëet en gedrink het, het die ou profeet wat hom laat terugkom het, die man se donkie laat opsaal.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nadat hulle klaar geëet het, het die ou man die profeet uit Juda se donkie opgesaal en hy is daar weg.