1 Kings 13:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar hy het teruggekom en brood geëet en water gedrink op die plek waarvan die HERE vir jou gesê het: Eet geen brood en drink geen water nie; jou lyk mag nie by die graf van jou vaders kom nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy het na hierdie plek toe teruggekom en kos geëet en water gedrink terwyl Hy jou belet het om iets te eet of water te drink. Daarom sal jou liggaam nie in jou familiegraf begrawe word nie.’”
Afrikaans 1933/1953 maar omgedraai en brood geëet en water gedrink het in die plek waarvan Hy aan jou gesê het: Jy moet geen brood eet of water drink nie -- daarom sal jou lyk nie in die graf van jou vaders kom nie.
Afrikaans 1983 maar teruggekom het en geëet en water gedrink het in dié plek waar die Here jou verbied het om te eet en water te drink, daarom sal jou liggaam nie in jou familiegraf begrawe word nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) maar omgedraai het en brood geëet en water gedrink het op die plek waarvan Hy vir jou gesê het: “Moenie brood eet of water drink nie,” sal jou lyk nie in die graf van jou voorouers kom nie.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het gesê jy moenie terugkom en eet en drink in hierdie plek nie, maar jy hét teruggekom en dit gedoen. Daarom sal hulle jou lyk nie begrawe in die graf van jou voorvaders nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ‘‘Jy het nie gedoen wat Ek vir jou gesê het nie. Jy het sommerso saam met hierdie man teruggegaan en in sy huis geëet en water gedrink. Jy het jou deur die ou man laat mislei. Binnekort sal jy sterf en jy sal nie by jou mense begrawe word nie.”