1 Kings 13:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het die man van God wat uit Juda gekom het, aangeroep en gesê: So spreek die HERE: Omdat jy ongehoorsaam was aan die mond van die HERE en nie die gebod gehou het wat die HERE jou God jou beveel het nie,
Afrikaans (NLV) 2011 Hy sê vir die man van God uit Juda: “Dit is wat die Here sê: ‘Jy het in verset gekom teen die Here se opdrag en was ongehoorsaam aan die bevele wat die Here jou God jou gegee het.
Afrikaans 1933/1953 en hy het die man van God wat uit Juda gekom het, toegeroep en gesê: So spreek die HERE: Omdat jy wederstrewig was teen die mond van die HERE deur nie die gebod te hou wat die HERE jou God jou beveel het nie,
Afrikaans 1983 Die profeet het vir die man van God wat van Juda af gekom het, gesê: “So sê die Here: Omdat jy jou teen die Here verset het en nie die bevel van die Here jou God gehoorsaam het nie,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy kondig toe vir die man van God wat uit Juda gekom het, aan: “So sê die Here, ‘Omdat jy in opstand gekom het teen die bevel van die Here en nie die opdrag wat die Here jou God jou gegee het, nagekom het nie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die profeet het gepraat met die man van God wat van Juda gekom het. Hy het geskree en gesê: “Die Here sê: Jy was opstandig teen die Here, jy het nie gedoen wat Hy vir jou gesê het nie!
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Jy het verkeerd gedoen,” het die Here gesê.