1 Kings 13:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het teen die altaar geroep in die woord van die HERE en gesê: O altaar, altaar, so spreek die HERE; Kyk, vir die huis van Dawid sal 'n kind gebore word met die naam van Josia; en op jou moet hy die priesters van die hoogtes offer wat op jou rook laat opgaan, en mensebeendere moet op jou verbrand word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op bevel van die Here roep hy toe uit: “Altaar, altaar! Dit is wat die Here sê: ‘’n Seun met die naam Josia sal uit die nageslag van Dawid gebore word. Hier op jou sal hy die priesters van die hoogtes offer wat nou wierookoffers op jou bring. Hier sal mensbene op jou verbrand word.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | en hy het uitgeroep teen die altaar deur die woord van die HERE en gesê: Altaar, altaar, so spreek die HERE: Kyk, 'n seun sal gebore word vir die huis van Dawid met die naam van Jos¡a, en hy sal op jou slag die priesters van die hoogtes wat op jou offerrook laat opgaan, en op jou sal mensbene verbrand word. |
| Afrikaans 1983 | toe die man van God op bevel van die Here teen die altaar uitroep: “Altaar, altaar, so sê die Here: Daar sal uit die nageslag van Dawid 'n seun gebore word met die naam Josia, en hier op jou sal hy die priesters van die hoogtes slag wat op jou offers bring, en hier op jou sal mensbene verbrand word!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het, deur die woord van die Here, uitgeroep teen die altaar en gesê: “Altaar, altaar, so sê die Here, ‘Kyk, 'n seun word gebore vir die huis van Dawid; Josia is sy naam. Hy sal op jou die priesters van die offerhoogtes slag, hulle wat offers op jou verbrand, en die beendere van mense sal op jou verbrand word. ’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en die man van God het met die altaar gepraat. Hy het 'n boodskap van die Here gebring en gesê: “Altaar, altaar, die Here sê: ‘Luister na wat Ek sê: Daar sal 'n seun gebore word in die koningshuis van Dawid. Sy naam sal Josia wees. Die priesters van die offer-plekke brand wierook op jou, maar Josia sal daardie priesters hier op jou offer, en hulle sal mense se bene op jou verbrand.’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die profeet het toe op bevel van die Here vir die altaar gesê: “Altaar, die Here sê daar sal op jou nog verskriklike dinge gebeur. Uit Dawid se nageslag sal iemand gebore word met die naam Josia. En op jou sal hy die priesters doodmaak wat hier geoffer het. Op jou sal hy ook die bene van baie mense verbrand.” |