1 Kings 13:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy sê vir hom: Ek is ook 'n profeet soos jy; en 'n engel het met my gespreek deur die woord van die HERE en gesê: Bring hom saam met jou terug in jou huis, dat hy brood kan eet en water kan drink. Maar hy het vir hom gelieg.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar die ou profeet het geantwoord: “Ek is ook ’n profeet, net soos jy. ’n Engel het my hierdie boodskap van die Here gegee: ‘Bring hom na jou huis toe en gee hom kos om te eet en water om te drink.’” Maar die ou profeet het vir hom ’n leuen vertel.
Afrikaans 1933/1953 Maar hy sê vir hom: Ek is ook 'n profeet net soos jy, en 'n engel het met my gespreek deur die woord van die HERE en gesê: Bring hom terug saam met jou na jou huis, dat hy brood kan eet en water kan drink. Hy het vir hom gelieg.
Afrikaans 1983 Die óú profeet sê toe vir hom: “Ek is ook 'n profeet net soos jy, en 'n engel het op bevel van die Here vir my gesê: Bring hom terug na jou huis toe en laat hy iets eet en sy dors les!” Maar die óú profeet het vir hom gelieg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar die ou profeet sê vir hom: “Ook ek is 'n profeet, net soos jy. 'n Engel het met my deur die woord van die Here gepraat en gesê, ‘Bring hom saam met jou terug na jou huis, sodat hy brood kan eet en water kan drink.’ ” Hy het vir hom gelieg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die ou profeet sê toe vir die man van God: “Ek is ook 'n profeet soos jy. 'n Engel het vir my 'n boodskap van die Here gebring en gesê: ‘Jy moet die man van God saambring na jou huis en jy moet vir hom kos gee om te eet en water om te drink.’ ” Maar die ou profeet het vir die man van God gejok.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar die ouer profeet het hom geantwoord: “Komaan, ek is ook ’n profeet, nes jy, en die Here het vir my gesê om jou saam te vat huis toe en vir jou kos te gee.” Die ou man het egter gelieg.