1 Kings 13:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want daar is aan my gesê deur die woord van die HERE: Jy mag daar geen brood eet en water drink nie, en jy mag nie omdraai om op die pad wat jy gekom het, te gaan nie.
Afrikaans (NLV) 2011 want die Here het my uitdruklik beveel: ‘Jy mag geen kos eet of water drink terwyl jy daar is nie, en jy mag nie met dieselfde pad terugkom as waarlangs jy gegaan het nie.’”
Afrikaans 1933/1953 want aan my is gesê deur die woord van die HERE: Jy mag daar geen brood eet of water drink nie; jy mag nie terugkeer met die pad waarmee jy gegaan het nie.
Afrikaans 1983 want die woord van die Here aan my was uitdruklik: Jy mag daar geen kos eet en geen water drink nie, en jy mag nie terugkom met dieselfde pad as dié waarmee jy gegaan het nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) want die boodskap deur die woord van die Here aan my was, ‘Jy mag nie daar brood eet of water drink nie; jy mag nie teruggaan met die pad waarmee jy gegaan het nie.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) want die Here het vir my gesê: ‘Jy moenie eet of drink nie en jy moenie teruggaan op die pad waarop jy gekom het nie.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het my uitdruklik belet om enigiets hier te eet of te drink. Ek moes selfs nie eers met dieselfde pad teruggaan as wat ek gekom het nie.”