1 Kings 13:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het agter die man van God aan gegaan en hom gevind waar hy onder 'n terpentynboom sit, en hy sê vir hom: Is jy die man van God wat uit Juda gekom het? En hy sê: Ek is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | agter die man van God aan. Hy het hom gekry waar hy onder ’n groot boom gesit het. Die ou profeet vra hom: “Is jy die man van God wat uit Juda gekom het?” “Ja,” antwoord hy, “ek is.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het agter die man van God aan gegaan en hom aangetref terwyl hy onder die terpentynboom sit; en hy sê vir hom: Is jy die man van God wat uit Juda gekom het? En hy antwoord: Ja. |
| Afrikaans 1983 | agter die man van God aan. Toe die óú profeet die man van God kry waar hy onder 'n groot boom sit, sê hy vir hom: “Is jy die man van God wat van Juda af kom?” “Ja,” antwoord hy. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en agter die man van God aan gegaan. Toe hy by hom kom waar hy onder 'n terebintboom sit, vra hy vir hom: “Is jy die man van God wat van Juda af kom?” Hy het geantwoord: “Ek is.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en gery om die man van God te gaan soek. Hy het die man van God gekry, die man het onder 'n groot boom gesit. Die ou profeet het vir hom gevra: “Is jy die man van God wat van Juda gekom het?” Die man van God het gesê: “Ja, ek is.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Na ’n ruk het die ouer profeet hom onder ’n groot boom gekry. “Is jy die man van God uit Juda?” het die ouer man gevra. “Ek is,” het hy gesê. |