1 Kings 13:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle vader het vir hulle gesê: Watter pad het hy gegaan? Want sy seuns het gesien hoe die man van God gaan, wat uit Juda gekom het.
Afrikaans (NLV) 2011 Die ou profeet vra toe vir hulle: “Met watter pad het hy vertrek?” Hulle het gesien met watter pad die man van God uit Juda teruggegaan het en het dit vir hom gesê.
Afrikaans 1933/1953 sê hul vader vir hulle: Met watter pad het hy gegaan? Want sy seuns het die pad gesien waarmee die man van God weer weg is wat uit Juda gekom het.
Afrikaans 1983 Hy vra hulle toe: “Met watter pad het hy teruggegaan?” want hulle het gesien watter pad die man van God wat van Juda af gekom het, gevat het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe vra hulle vader vir hulle: “Met watter pad het hy geloop?” Sy seuns wys toe vir hom die pad waarmee die man van God wat uit Juda gekom het, geloop het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die ou profeet vra toe vir sy seuns op watter pad die man van God teruggegaan het, want die seuns het gesien op watter pad die man van God teruggegaan het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Watter pad het die man gevat?” het die ouer profeet gevra. Sy seuns het hom so vaagweg die pad beduie.