1 Kings 13:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar het 'n ou profeet in Bet-el gewoon; en sy seuns het gekom en hom al die werke vertel wat die man van God daardie dag in Bet-el gedoen het; die woorde wat hy met die koning gespreek het, dit het hulle ook aan hulle vader vertel.
Afrikaans (NLV) 2011 In Bet-El het daar ’n ou profeet gewoon. Toe sy seuns by die huis kom, het hulle hom vertel wat die man van God daardie dag in Bet-El gedoen het. Hulle het ook vertel wat hy vir die koning gesê het.
Afrikaans 1933/1953 En daar het 'n sekere ou profeet in Bet-el gewoon; en sy seuns het gekom en hom alles vertel wat die man van God die dag in Bet-el gedoen het; ook die woorde wat hy met die koning gespreek het. En toe hulle dit aan hul vader vertel,
Afrikaans 1983 In Bet-El het daar 'n óú profeet gewoon. Sy seuns het hom kom vertel wat die man van God alles dié dag in Bet-El gedoen het. Ook wat hy vir die koning gesê het, het hulle vir hulle pa kom oorvertel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar was 'n ou profeet wat in Bet-El gewoon het. Sy seuns kom toe en vertel vir hom alles wat die man van God daardie dag in Bet-El gedoen het; wat hy vir die koning gesê het, ook dit het hulle vir hulle vader vertel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar het 'n ou profeet in Bet-El gewoon. Sy seuns het vir hom kom vertel wat die man van God daardie dag in Bet-El gedoen het en wat hy vir die koning gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar was ook ’n ander en ouer profeet in Bet-El. Sy seuns het hom alles vertel wat die profeet uit Juda gesê en gedoen het.