1 Kings 13:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En kyk, daar het 'n man van God uit Juda deur die woord van die HERE na Bet-el gekom, en Jeróbeam het by die altaar gaan staan om reukwerk te laat opgaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Skielik daag daar ’n man van God uit Juda by Bet-El op. Dit was op bevel van die Here. Hy het daar aangekom net toe Jerobeam by die altaar gaan staan het om te offer.
Afrikaans 1933/1953 Toe kom daar 'n man van God uit Juda deur die woord van die HERE in Bet-el aan, terwyl Jerobeam op die altaar staan om offerrook te laat opgaan;
Afrikaans 1983 kom daar 'n man van God uit Juda aan wat op bevel van die Here na Bet-El toe gekom het. Jerobeam het nog by die altaar gestaan om die offer aan te steek,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Juis toe kom daar, deur die woord van die Here, 'n man van God uit Juda in Bet-El aan, terwyl Jerobeam op die altaar staan om die offer te verbrand.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Jerobeam op die altaar klim om te offer, het 'n man van God daar in Bet-El aangekom. Die man van God het van die land Juda gekom. Die Here het die man gestuur. Jerobeam het op die altaar gestaan om te offer,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het ’n profeet uit Juda na Israel gestuur. Toe hy Bet-El binnekom, het Jerobeam net by die altaar gaan staan en die offervuur aangesteek.