1 Kings 12:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar hy het die raad van die ou manne verlaat wat hulle hom gegee het, en beraadslaag met die jongmanne wat saam met hom grootgeword het en voor hom gestaan het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar Rehabeam het die advies van die ouer raadsmanne verwerp. Hy vra toe raad by die jonger manne wat saam met hom grootgeword het en nou in sy diens was. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar hy het die raad van die oudstes wat hulle hom gegee het, in die wind geslaan en raad gehou met die jongmanne wat saam met hom grootgeword en voor hom gestaan het. |
| Afrikaans 1983 | Maar hy het die raad wat die ouer mense hom gegee het, in die wind geslaan en die raad gevra van die jonger manne wat saam met hom grootgeword het en in sy diens was: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het egter die raad van die oudstes wat hulle hom gegee het, in die wind geslaan en raad gevra by die jong manne wat saam met hom grootgeword en in sy diens gestaan het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Rehabeam wou nie luister na wat hulle vir hom gesê het nie. Hy het toe vir die jongmanne gaan vra wat saam met hom grootgeword het en wat sy amptenare was. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Rehabeam het egter die ouer mans se raad summier verwerp. Hy wou eerder hoor wat die jonger mans sê, die mans wat saam met hom grootgeword het en wat nou belangrike posisies beklee het. |