1 Kings 12:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En koning Rehábeam het beraadslaag met die ou manne wat voor sy vader Salomo gestaan het terwyl hy nog gelewe het, en gesê: Hoe raai julle aan dat ek hierdie volk kan antwoord? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarna het koning Rehabeam die ouer mense geraadpleeg wat sy pa Salomo van raad bedien het. “Wat beveel julle aan?” vra hy. “Hoe moet ek die mense antwoord?” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop hou koning Reh beam raad met die oudstes wat voor sy vader Salomo gedurende sy lewe gestaan het, en hy vra: Wat raai u aan om hierdie volk te antwoord? |
| Afrikaans 1983 | het koning Rehabeam die raad gevra van die ouer mense wat in diens van Salomo, sy pa, was tydens dié se lewe. “Wat meen julle moet ek hierdie mense antwoord?” het hy gevra. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Koning Rehabeam vra toe raad by die oudstes wat in sy vader, koning Salomo, se diens gestaan het toe dié nog geleef het: “Wat raai julle my aan moet die antwoord aan hierdie volk wees?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar was amptenare wat vir Salomo gewerk het toe hy gelewe het. Koning Rehabeam het vir hulle gevra wat hy moet doen. Hy het vir hulle gevra: “Wat sê julle? Wat moet ek vir hierdie mense antwoord?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Rehabeam het toe met die ouer en ervare mans wat nog vir sy pa gewerk het, gaan gesels. “Wat dink julle moet ek vir die mense sê?” het hy gevra. |