1 Kings 12:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | U vader het ons juk swaar gemaak; maak dan nou die swaar diens van u vader en sy swaar juk wat hy ons opgelê het, ligter, en ons sal u dien. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “U pa het ons ’n swaar las laat dra,” het hulle gesê. “Verminder tog die arbeidslas wat u pa op ons gelê het sodat die juk wat ons dra ligter kan wees. Dan sal ons u onderdane bly.” |
| Afrikaans 1933/1953 | U vader het ons juk hard gemaak, maak u dan nou die harde diens van u vader en sy swaar juk wat hy ons opgelê het, ligter; dan sal ons u dien. |
| Afrikaans 1983 | “U vader het ons 'n swaar juk laat dra. As u nou die verpligtinge wat u vader ons opgelê het, minder maak en so die juk ligter maak wat hy ons laat dra het, sal ons u onderdane bly.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “U vader het ons juk hard gemaak. Maar u, maak nou die harde slawewerk van u vader en die swaar juk wat hy op ons gelê het, ligter, dan sal ons u dien.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het gesê: “Jou pa het ons baie hard laat werk. Jy moet ons nie so hard laat werk nie, dan sal ons vir jou werk.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | By Sigem het die mense toe vir die koning gesê: “Rehabeam, u pa het ons baie sleg behandel. Hy het die lewe vir ons regtig moeilik gemaak. As u nou ons las ’n bietjie ligter en die lewe vir ons ’n bietjie makliker gaan maak, sal ons u getrou dien.” |