1 Kings 12:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het op die altaar geoffer wat hy in Bet-el gemaak het, op die vyftiende dag van die agtste maand, in die maand wat hy uit sy eie hart uitgedink het; en vir die kinders van Israel 'n fees gereël, en op die altaar gebring en reukwerk laat opgaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op die bepaalde dag in middelherfs het Jerobeam offers gebring op die altaar in Bet-El. Hy het self besluit oor die datum van die fees wat hy vir die Israeliete ingestel het. Hy het na die altaar gegaan om te offer. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het geklim op die altaar wat hy in Bet-el gemaak het, op die vyftiende dag in die agtste maand, in die maand wat hy uit sy eie hart versin het, en vir die kinders van Israel 'n fees ingestel en op die altaar geklim om offerrook te laat opgaan. |
| Afrikaans 1983 | Op die vyftiende van die agste maand het Jerobeam 'n offer gebring op die altaar wat hy in Bet-El opgerig het. Hy het sommer self besluit oor die maand waarin die Israeliete die fees moes vier. Net toe hy daar op die altaar die offer aan die brand steek, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het op die altaar geklim wat hy in Bet-El opgerig het op die vyftiende dag van die agtste maand, in die maand wat hy in sy eie hart versin het. Ja, hy het 'n fees ingestel vir die Israeliete en op die altaar geklim om 'n offer te verbrand. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Op die 15de dag van die agste maand het Jerobeam 'n offer gebring op die altaar wat hy in Bet-El laat bou het. Hy het self besluit dat die mense van Israel daardie dag moet feesvier. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jerobeam het hierdie feesdag ingestel om te keer dat sy mense Jerusalem toe gaan. Op die vyftiende dag het hy Bet-El toe gegaan en by die altaar gaan staan. Net toe hy die offervuur wou aansteek, het die profeet daar aangekom. |