1 Kings 12:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Jeróbeam het in die agtste maand, op die vyftiende dag van die maand, 'n fees gehou, soos die fees wat in Juda is, en hy het op die altaar geoffer. So het hy ook in Bet-el gedoen deur aan die kalwers wat hy gemaak het, te offer; en hy het in Bet-el die priesters van die hoogtes wat hy gemaak het, aangestel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jerobeam het ’n fees in die middelherfs in Bet-El gehou net soos die een in Juda. In Bet-El het hy op die altaar offers gebring vir die kalwerbeelde wat hy gemaak het. Hy het ook priesters aangestel vir die hoogtes in Bet-El. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Jerobeam het 'n fees gehou in die agtste maand, op die vyftiende dag van die maand, soos die fees wat in Juda was, en op die altaar geklim. So het hy in Bet-el gedoen en geoffer aan die kalwers wat hy gemaak het, en ook in Bet-el priesters aangestel vir die hoogtes wat hy gemaak het. |
| Afrikaans 1983 | Verder het hy op die vyftiende dag van die agste maand 'n fees gehou net soos die fees in Juda. Hy het in Bet-El vir die kalwerbeelde wat hy gemaak het, offers gebring op die altaar, en hy het daar priesters aangestel vir die hoogtes wat hy ingerig het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jerobeam het 'n fees ingestel in die agtste maand, op die vyftiende dag van die maand, soortgelyk aan die fees wat in Juda gehou is. Hy het self op die altaar geklim. So het hy in Bet-El gemaak – om te offer aan die kalwers wat hy gemaak het. Hy het in Bet-El die priesters van die offerhoogtes wat hy opgerig het, laat diens doen. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het 'n fees op die 15de dag van die agste maand laat vier, soos die fees in Juda. Hy het na die altaar in Bet-El gegaan en hy het offers gebring vir die kalfbeelde wat hy laat maak het. Hy het priesters gekies en aangestel vir die offer-plekke wat hy laat bou het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jerobeam het ook ’n spesiale feesdag ingestel, nes die feesdag in Juda. Dit is op die vyftiende dag van die agtste maand gevier en almal moes dit bywoon. Baie offers is op hierdie feesdag gebring vir die beelde wat hy laat maak het. En hy het ook die priesters wat hy self aangestel het daar laat optree. |