1 Kings 12:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarop het die koning raad gehou en twee goue kalwers gemaak en vir hulle gesê: Dit is te veel vir julle om na Jerusalem op te gaan; kyk, o Israel, jou gode wat jou uit Egipteland laat optrek het.
Afrikaans (NLV) 2011 Op advies van sy raadgewers het die koning toe twee goue beelde van kalwers gemaak. Hy sê toe: “Julle het nou lank genoeg Jerusalem toe gegaan, Israel. Hier is die gode wat julle uit Egipte gebring het!”
Afrikaans 1933/1953 Daarom het die koning raad gehou en twee goue kalwers gemaak en aan hulle gesê: Julle het lank genoeg opgegaan na Jerusalem -- hier is, o Israel, jou gode wat jou uit Egipteland laat optrek het!
Afrikaans 1983 Koning Jerobeam het toe met sy raadgewers oorleg gepleeg en twee goue kalwerbeelde laat maak. Toe sê hy: “Julle het lank genoeg Jerusalem toe gegaan, Israel; hier is nou die beelde van julle God wat julle uit Egipte laat wegtrek het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nadat die koning raad gevra het, het hy twee goue kalwers laat maak en vir die mense gesê: “Lank genoeg het julle nou na Jerusalem opgetrek! Hier is jou gode, Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het! ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Koning Jerobeam het toe vir sy raadgewers gevra wat hy moet doen, en hy het twee goue kalfbeelde laat maak. Hy het vir sy mense gesê: “Mense van Israel, julle het lank na Jerusalem gegaan, maar hier is nou julle gode wat vir julle uit die land Egipte gebring het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nadat Jerobeam ’n lang ruk daaroor gedink het, het hy besluit om twee goue kalwers te maak. Toe het hy vir sy mense gesê: “Julle het nou lank genoeg in Jerusalem gaan offer. Kyk, hier is die gode wat julle uit Egipte gelei het.”