1 Kings 12:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As hierdie volk optrek om in die huis van die HERE in Jerusalem te offer, dan sal die hart van hierdie volk weer tot hulle heer, na Rehábeam, die koning van Juda, terugkeer, en hulle sal my doodmaak en weer na Rehábeam, die koning van Juda, gaan. Juda. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die koningskap kan maklik weer teruggaan na die koningshuis van Dawid. As hierdie volk aanhou om Jerusalem toe te gaan om daar by die tempel van die Here te offer, sal hulle weer vertroue kry in koning Rehabeam van Juda. Hulle sal my doodmaak en teruggaan na Rehabeam, die koning van Juda.” |
| Afrikaans 1933/1953 | as hierdie volk opgaan om offers te bring in die huis van die HERE in Jerusalem, dan sal die hart van hierdie volk terugkeer na hulle heer, na Reh beam, die koning van Juda, en hulle sal my om die lewe bring en teruggaan na Reh beam, die koning van Juda. |
| Afrikaans 1983 | as hierdie volk na Jerusalem toe gaan om daar by die tempel van die Here te gaan offer, sal hulle weer hulle koning Rehabeam, koning van Juda, aanhang; hulle sal my doodmaak en weer agter koning Rehabeam aangaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As hierdie volk optrek om offers te bring in die huis van die Here in Jerusalem, sal die harte van hierdie volk terugkeer na hulle heer, na Rehabeam, die koning van Juda. Hulle sal my doodmaak en teruggaan na Rehabeam, die koning van Juda. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As hulle aanhou om offers te gaan bring in die tempel in Jerusalem, dan sal hulle weer aan hulle koning wil behoort, aan Rehabeam koning van Juda. Hulle sal my doodmaak en na Rehabeam toe teruggaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As hierdie volk elke keer Jerusalem toe moet gaan om daar in die tempel te gaan offer, sal hulle weer vir Rehabeam van Juda wil dien. Dit sal my einde beteken. Hulle sal my doodmaak en na Juda terugkeer.” |