1 Kings 12:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sê die HERE: Julle mag nie optrek en nie teen julle broers, die kinders van Israel, veg nie; keer terug, elkeen na sy huis; want hierdie ding is van my. Hulle het dan na die woord van die HERE geluister en teruggegaan om weg te gaan, volgens die woord van die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 ‘Dis wat die Here sê: Moenie teen jou bloedverwante, die Israeliete, gaan veg nie. Gaan terug huis toe, want wat gebeur het, kom van My af.’” Hulle het die boodskap van die Here gehoorsaam en terug huis toe gegaan soos die Here beveel het.
Afrikaans 1933/1953 So spreek die HERE: Julle mag nie optrek en teen julle broers, die kinders van Israel, oorlog voer nie; julle moet omdraai, elkeen na sy huis; want van My het hierdie saak gekom. Hulle het toe geluister na die woord van die HERE en weer teruggetrek volgens die woord van die HERE.
Afrikaans 1983 So sê die Here: Moenie optrek en teen die Israeliete, julle broers, veg nie. Gaan terug elkeen na sy huis toe, want wat gebeur het, kom van My af!” Hulle het geluister na die woorde van die Here en teruggegaan huis toe soos Hy beveel het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) ‘So sê die Here: “Julle mag nie optrek nie, en julle mag nie teen julle broers, die Israeliete, veg nie. Keer terug, elkeen na sy huis, want wat gebeur het, is deur my toedoen. ” ’ ” Hulle het die woord van die Here gehoorsaam en teruggegaan volgens die woord van die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê: Julle moenie gaan oorlog maak teen julle broers, die mense van Israel, nie. Julle moet teruggaan, elkeen na sy huis, want dit is Ek wat alles laat gebeur het.” Hulle het geluister na die boodskap van die Here en hulle het teruggegaan soos Hy gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ‘Moenie teen julle broers in die noorde gaan veg nie. Gaan liewer terug, want alles het volgens my wil gebeur.’” Al die manskappe het net daar omgedraai en teruggegaan huis toe.