1 Kings 12:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Rehábeam in Jerusalem aangekom het, het hy die hele huis van Juda, met die stam van Benjamin, honderd en tagtig duisend uitverkore manne, wat krygsmanne was, bymekaar laat kom om te veg teen die huis van Israel, om die koningskap terug te bring na Rehábeam, die seun van Salomo.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Rehabeam in Jerusalem terugkom, het hy die leër van Juda en Benjamin opgeroep. Daar was 180 000 uitgesoekte soldate wat teen die leër van Israel kon optrek om die koningskap vir hom terug te wen.
Afrikaans 1933/1953 En toe Reh beam in Jerusalem kom, het hy die hele huis van Juda en die stam van Benjamin, honderd en tagtig duisend strydbare jong manskappe, vergader om oorlog te voer teen die huis van Israel, om die koningskap vir Reh beam, die seun van Salomo, terug te win.
Afrikaans 1983 Dadelik nadat Rehabeam in Jerusalem terug was, het hy honderd en tagtig duisend uitgesoekte manne uit die stamme Juda en Benjamin opgeroep om teen Israel te veg en die koningskap vir hom terug te wen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Rehabeam in Jerusalem aankom, roep hy die hele huis van Juda en die stam van Benjamin byeen – honderd-en-tagtigduisend uitgesoektes wat kan oorlog maak – om teen die huis van Israel te veg en die koningskap vir Rehabeam, seun van Salomo, terug te kry.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Rehabeam het na Jerusalem gekom en hy het al die manne van die Juda-stam en die Benjamin-stam bymekaargeroep. Hulle was 180 000 soldate wat hy spesiaal gekies het. Rehabeam seun van Salomo wou oorlog maak teen die mense van Israel, hy wou probeer om die land terug te kry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Rehabeam was woedend. Hy wou sy verlore koninkryk met alle geweld herwin. Terug in Jerusalem het hy 180 000 jong soldate uit die stamme Juda en Benjamin opgeroep.